100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Kenner se raad: Bly só veilig op die pad hierdie langnaweek

Written by on March 18, 2022

Dit is langnaweek en skoolvakansie en daarmee verhoog verkeersvolumes op hoofroetes.
Pieter Nel van Pieter Nel Prokureurs, wat spesialiseer in derdeparty-eise, sê dit is noodsaaklik om alles in jou vermoë te doen om in die eerste plek nie in ‘n ongeluk betrokke te wees nie.
“Jou houding gaan bepaal of jy jou bestemming gaan bereik,” sê sy. Hy deel sy raad vir veiliger reise. Luister weer hier.

Vir die langnaweek het TRAC aangekondig dat hulle die nuwe Karino-wisselaar op die N4 van vandag oopstel vir verkeer, om die verwagte verhoogde verkeersvolumes beter te akkomodeer. Dit sal tot 09:00 Dinsdag geld.
Motoriste is egter aangemoedig om versigtig te bestuur, aangesien dit steeds ‘n aktiewe bouterrein is en werk daaraan nog nie heeltemal afgehandel is nie.
Onthou TRAC se hulplyn as jy op die roete hulp benodig: 0800-87-2264 of 082-881-4444.


×