100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

IV Bar ‘n eerste vir die Laeveld

Written by on May 10, 2021

In ‘n eerste vir die Laeveld – en enigste vir Mpumalanga – het die IV Bar hierdie maand hul deure in I’langa Mall geopen.
Hier word vitamiene binneaars toegesien in ‘n gemaklike, vriendelike en steriele omgewing.
Keri Rudolph het sowat drie en ‘n half jaar gelede saam met Russell Sachs die IV Groep begin. Desiré en haar suster Yolandi Oosthuizen is die mede-eienaars van die IV Bar in I’langa.

Anders as in ‘n kliniese omgewing, bied die IV Bar ‘n wonderlike ervaring saam met die gesondheidsvoordele wat dit inhou om vitamiene via ‘n drup te ontvang.
Jy sit op gemaklike banke, geniet ‘n koppie koffie terwyl jy drup, kan televisie kyk of musiek luister, in ‘n privaathokkie sit, of saam met ‘n vriendin kom en selfs vergadering kom hou terwyl jy jou dosis vitamiene inneem. Dit is ook uitstekend vir mense wat van Covid-19 herstel.

“Die wêreld was nog nooit so bewus van gesondheid nie en vitamiene is wat jy nodig het,” sê sy.
Die voordeel van die drup is dat dit direk in jou bloedstroom ingaan met 100% absorbering. Jy kan ook hoër dosisse inneem as met gewone multivitamiene, en daar is nie newe-effekte nie want dis wateroplosbaar.
“Almal het ‘n tekort,” sê Rudolph – hetsy weens leefstyl, stres of die blote feit dat minder vitamiene deur ‘n mens se maag geabsorbeer kán word.
Die drups word deur opgeleide verpleegsters toegedien. Jy kan vooraf ‘n afspraak maak, of bloot instap.

Daar is elf verskillende drups om van te kies. Dit wissel van ‘n algemene “Jet Fuel” met vitamien B12, vitamien B-kompleks, vitamien C, magnesium, glutathion en elektroliete, tot behandelings vir vrugbaarheid, babelas, verhoogde uithouvermoë en herstel vir atlete, ontgifting en rehidrasie. Die anti-inflammatoriese/outo-immuun-drup help vir artritis en lupus.
Dit bly ‘n aanvulling, sê Rudolph. “Ons probeer nie medici of ‘n gesonde leefstyl vervang nie. Ons moedig mense steeds aan om gesond te eet en te oefen.”

Foto: Bestuurder, Essie van Rooyen (middel), saam met verpleegsters Fortunate Dlamini en Linda Hlungwane.


×