100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Inbrekers teiken Mpumalanga skole

Written by on June 17, 2020

Ongeveer 150 skole oor die provinsie heen is sedert die begin van die nasionale staat van inperking gevandaliseer en besteel.
Volgens Jasper Zwane, woordvoerder van die onderwysdepartement in Mpumalanga, word allerlei items gesteel, van krane tot skootrekenaars en kos wat vir leerlinge bedoel is. Hulle breek soms ook deure en vensters.
Die LUR vir onderwys, Bonakele Majuba, en LUR vir gemeenskapsveiligheid, Gabisile Shabalala, het Dinsdag op Jeugdag by Lekazi Primary in KaNyamazane, net buite Mbombela, besoek afgelê.
Daar is oor die naweek beskermende kleredrag, kos en kombuistoerusting by die skool gesteel.
Die LUR’e het ‘n beroep gedoen op ouers en gemeenskappe om skole te help beskerm, en nie gesteelde goedere te koop nie.
Zwane sê Lekazi Primary gaan voort met onderrig, ondanks hierdie terugslag.
Die departement is baie beïndruk met al die verbeterings wat die skoolbestuur oor ‘n tydperk by die skool aangebring het.

Nog sowat 77 skole in Mpumalanga verg ook herstelwerk. Shabalala het gesê alle belanghebbendes moes saamwerk om skole te beveilig.
“Vandag se jeug behoort die helde en heldinne van 1976 na te volg deur deel te neem aan pogings om infrastruktuur te beskerm teen barbaarse individue wat nie die belange van die land se toekoms op die hart dra nie.”
Sien ‘n video-onderhoud met Majuba oor vandalisme by skole hier:

Die skade by Lekazi Primary:


×