100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Hoofverdagte in Barberton-mynbedrogsaak na twee jaar steeds gesoek

Written by on November 2, 2022

Die Valke het weer ‘n beroep gedoen op die publiek om inligting te verskaf oor die hoofverdagte in ‘n Barberton-mynbedrogsaak.
Valke woordvoerder, kapt. Dineo Sekgotodi, sê Simphiwe Sangweni (29) was ‘n finansiële administrateur by die myn toe hy na bewering in Junie 2020 R1,2 miljoen van die maatskappy se fondse na sy persoonlike bankrekening en dié van sy vriendin, LadyPeace Sinothando Nhlenyama, oorgeplaas het.

Hulle staar klagte van bedrog, diefstal en geldwassery in die gesig.
Die aanklagte teen twee beweerde medepligtiges, ook voormalige werknemers van Barberton Mines, is voorlopig teruggetrek hangende die arrestasie van die paartjie.
‘n Lasbrief vir hul inhegtenisname is reeds op 5 November 2020 uitgereik.

Enigiemand met inligting is gevra om die ondersoekbeampte, kapt. Dietlof Meyer, by 071-481-2977 te kontak.


×