100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Groot skoonmaakaksie môre in Sabie

Written by on September 7, 2023

‘n Groot skoonmaakaksie word môre in Sabie gehou.
Dit is in samewerking met die Kruger Laeveld Kamer vir Sake en Toerisme (KLCBT), Thaba Chweu-plaaslike munisipaliteit sowel as Ehlanzeni-distrik.
Paaie sal skoongemaak en slaggate op hoofroetes in Sabie herstel word tydens die skoonmaakaksie.
Linda Grimbeek van die KLCBT nooi mense om selfs net vir ‘n uur by die inisiatief aan te sluit of net hul eie straat ‘n bietjie netjieser te maak.
Sy sê toerisme aan die area is aan die toeneem.
“Bring sommer die hele dorp,” sê sy vir Robin tydens hierdie week se episode van Laeveld Ervaring.
Luister weer hier:

Dit begin môre om 08:30 voor die Thaba Chweu munisipale gebou.
Sien ook: P166-verbypad deur Witrivier goedgekeur


×