100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Geslagsgeweld opnuut veroordeel na vrou se skietdood in Malalane

Written by on October 15, 2021

Mpumalanga se premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane, het haar medelye betuig aan die familie van Wandile Lucia Khoza (29), wat Dinsdag na bewering deur haar kêrel by die werk doodgeskiet is.
Volgens die polisie het die verdagte by Nkomazi-munisipaliteit se kantore in Malalane, waar sy gewerk het, opgedaag. ‘n Argument het ontstaan voor sy geskiet is.
Die 31-jarige verdagte het gevlug, maar het homself Woensdagaand aan die polisie oorgegee. Hy het ook sy persoonlike vuurwapen oorhandig.
Hy is glo ‘n lid van die weermag, gestasioneer in Middelburg. Hy sal vandag in die Nkomazi-landdroshof in Tonga verskyn op ‘n klag van moord.
Mtshweni-Tsipane het ‘n beroep gedoen op mense om dit aan te meld wanneer hulle vermoed dat iemand in hul gemeenskap aan geslagsgeweld blootgestel word.
“Ons stilte sal aanhou om ons kinders van hul ma’s, en gemeenskappe van hul leiers, te beroof.”
Die provinsiale polisiewoordvoerder, kol. Donald Mdhluli, sê Prayswoth Lawrence Thomas (23) is ook ‘n stewige vonnis opgelê die week, na hy skuldig bevind is op vyf klagte van verkragting, moord en ontvoering wat hy tussen 2016 en 2018 in die Ermelo-omgewing gepleeg het.
Hy is twee lewenslange vonnise opgelê sowel as ‘n addisionele 40 jaar. Van sy drie slagoffers was een minderjarig. Hy het onder meer Nontobeko Felicity Sihlali (24) met ‘n baksteen doodgeslaan.
Thomas is op 2 Mei 2018 aangekeer nadat een van sy slagoffers gehoor het wat sy naam is, toe iemand met hom praat. Hy is sedertien in aanhouding na hy borgtog geweier is.
‘n 34-jarige man is Maandag ook in Ermelo tot lewenslank gevonnis vir die verkragting van sy 15-jarige susterskind in 2020.


×