100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Geel vlak 2 waarskuwing vir donderstorms uitgereik

Written by on December 30, 2022

Mpumalanga kan vandag erge donderstorms verwag.
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) het ‘n geel vlak 2 waarskuwing uitgereik vir moontlike swaar reën wat ook Gauteng, dele van Noordwes en die Vrystaat sal affekteer.
Dit kan tot oorstromings in laagliggende gebiede lei en bestuurstoestande bemoeilik weens gladde paaie en swak sigbaarheid.
Vanoggend reeds is swaar reën aangemeld op die Elandsvallei-deel van die N4, sowel as ‘n modderstorting op die Longtompas en besonder gladde toestande op die Kaapsehoop-pad.


×