100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Drie mans in aanhouding weens planne om Sassa te besteel

Written by on July 28, 2020

Drie vermeende kuberkrakers het Maandag in die landdroshof in Nelspruit verskyn, nadat hulle glo saamgesweer het om geld by die Suid-Afrikaanse Maatskaplike Sekuriteitsagentskap (Sassa) te steel.

Matholeni Sydney Masilela

Moses Khumalo

Brian Mfundo Masina

Matholeni Sydwell Masilela (40), Moses Khumalo (36) en Brian Mfundo Masina (28) is Vrydag tydens ‘n intelligensie-gedrewe operasie deur die Valke in Mbombela in hegtenis geneem.
Volgens kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, word hulle aangekla van korrupsie, bedrog en sameswering om die Wet op Elektroniese Kommunikasie en Transaksies te oortree.
Volgens Sekgotodi het die drie na bewering saamgesweer om geld te steel deur die Sassa-stelsel te kraak.

Die saak is tot Maandag uitgestel om die aangeklaagdes se adresse te verifieer.
Masilela, Masina en Khumalo sal moontlik dan om borgtog aansoek kan doen.
Intussen bly hulle in aanhouding. Die ondersoek duur voort.
Sassa het ook aangekondig dat hulle weens die Covid-19-pandemie vanaf Augustus verskillende toelaes op verskillende dae sal uitbetaal.
Dit het ten doel om te verhoed dat te veel mense saam by betaalpunte bymekaarkom om hul maatskaplike toelae te ontvang.
Dit is veral vir ouer mense ‘n risiko as hulle vir lank saam met ander in toue moet wag.
Ouer mense sal hul toelae op 3 Augustus ontvang en mense met gestremdhede op 4 Augustus. Alle ander sal vandaf 5 Augustus beskikbaar wees.
Die agentskap se uitvoerende hoof, Totsie Memela, het begunstigdes herinner dat hulle nie die kontant op die datum waarop dit uitebetaal hoef te onttrek nie.


×