100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Direkte vlugte van Duitsland eersdaags by KMIA

Written by on October 12, 2022

Op 16 November begin die eerste interkontinentale vlugte van Europa land by die Kruger Mpumalanga Internasionale (KMI) Lughawe.

Die nuwe roete van Eurowings Discover, ‘n filiaal van die Lufthansa Groep, is die sewende in Afrika en skop af met weeklikse vlugte en sal heeljaar beskikbaar wees na en van Frankfurt via Windhoek.

Andre Schulz van Lufthansa / Eurowings en Grant Ponting, uitvoerende beampte van die lughawe, het vanoggend met toerisme rolspelers oor die fyner besonderhede ontmoet.

Schulz het met Mireille gesels. Luister weer hier.

Grant Ponting, uitvoerende beampte van KMI-lughawe, sê dit is ‘n gulde ekonomiese geleentheid vir toerisme in die Laeveld.

Die veiligheidskwessie vir toeriste is geopper, aan die hand van die moord verlede week op ‘n besoeker van Duitsland aan die Krugerwiltuin.

Linda Grimbeek van die Kruger-Laeveld-sakekamer (KLCBT) sê veiligheid op dié pad is reeds opgeskerp en addisionele bemande kameras en reaksie-eenhede wat ondersteun word deur die jongste tegnologie sal binne die volgende weke in werking gestel word.

Sy voeg by dat dit onwaarskynlik is dat die Numbi-hek na die Krugerwildtuin sal sluit. Dit is in antwoord op die minister van toerisme, Lindiwe Sisulu, se opmerkings teenoor aan die Parlement se gekose komitee dat die saak oorweeg word.

“Ons sluit nie hekke nie, ons is oop vir toerisme,” sê sy.

Planne van die KLCBT om gemeenskappe rondom die wildtuin meer by toerisme-aktiwiteite te betrek, is in ‘n gevorderde stadium. Hou hierdie spasie dop vir meer besonderhede.


×