100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Deon de Bruyn se moordenaars gevonnis

Written by on December 15, 2022

Die sewe mans wat die 25-jarige plaasbestuurder Deon de Bruyn in 2018 op die plaas Simonsvlei in die Strydomsblok-area doodgeskiet het, is in die Mpumalanga Hooggeregshof in Mbombela gevonnis.
100.5FM het destyds berig dat die eienaar van die plaas, Estelle Jansen, tydens die aanval gewond is. De Bruyn is deur paramedici op die toneel dood verklaar en Jansen is na die hospitaal gejaag.
Ses van die mans moet ‘n totaal van 15 jaar agter tralies spandeer vir moord, poging tot moord, roof met verswarende omstandighede en die onwetttige besit van vuurwapens en ammunise. Hul vonnisse word samelopend uitgedien.
Die man wat die sneller getrek het, Fannie Mkhabela, is dieselfde vonnis opgelê, maar is tot lewenslank gevonnis vir moord sowel as ‘n addisionele 10 jaar vir roof. Sy vonnisse word ook samelopend uitgedien.
Die regter het bevind hulle het geen berou getoon nie.


×