100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

DA opponeer skep van vierde distriksmunisipaliteit

Written by on April 27, 2023

Die DA het aan die Munisipale Afbakeningsraad geskryf oor die voorgestelde veranderinge aan munisipale grense in Mpumalanga.
Sien ook: Barberton het teen 2026 dalk weer sy eie munisipaliteit
Volgens Bosman Grobler ondersteun die party die voorstel om die voormalige Umjindi uit Mbombela-munisipaliteit te verwyder om ‘n nuwe plaaslike owerheid te skep.
Die party is egter gekant teen die skep van ‘n nuwe, vierde distriksmunisipaliteit wat uit Thaba Chweu, Bosbokrand en Emakhazeni plaaslike munisipaliteite sal bestaan.
Luister hier:

Volgens Grobler is hulle in beginsel ook nie gekant daarteen dat die Louisville-area (wat tans deel vorm van Nkomazi) by Mbombela-munisipaliteit ingesluit word nie.
“Weens geografiese redes is die area heeltemal van Nkomazi afgesny en ontvang hulle reeds die meeste van hul dienste van Mbombela,” sê hy. “Dit behoort dus by Umjindi ingesluit te word.
“Kaapmuiden en Matsulu is ook deel van die Lomshiyo Tradisionele Gesag en behoort dus ook oorweeg te word om ingesluit te word by Umjindi.”
Hy voeg by dat hulle besorg is dat vorige voorstelle oor samesmeltings weens politieke redes deurgevoer is, eerder as tot die voordeel van die gemeenskap.
“Ons benodig ‘n politieke wil, die gemeenskap se ondersteuning, finansiële ondersteuning en behoorlike beplanning om dit ‘n sukses te maak,” sê hy.


×