100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Curriebeker: Haaie wen Pumas in doodsnikke

Written by on May 15, 2023

Die Airlink Pumas kon slegs een punt op die punteleer aanteken tydens hul nederlaag, in die doodsnikke van die wedstryd, Vrydag in Mbombela teen die Cell C Haaie.
Die Haaie het die Curriebekerwedstryd met 24-22 beklink.
Die tuisspan het teen rustyd met 9-5 voorgeloop.
Die Haaie kon hul tweede drie in die 65ste minuut aanteken toe Daniel Jooste oor die doellyn is.
Die Pumas het wel steeds in beheer gelyk en kon in die 72ste minuut weer agter die pale gaan kuier om met tien punte voor te loop.
Dylan Richardson en Dian Bleuler het daarna egter die bordjies verhang en Nevaldo Fleurs se verdoeling – in die 81ste minuut – het die pienktruie se doppie geklink.
Al vier besoekende spanne het die afgelope naweek in die Curriebeker oorwinnings behaal.
Die Haaie is nou slegs twee punte agter die verdedigende kampioene, die Pumas, wat op hul beurt drie punte agter die voorlopers, die Toyota Cheetahs, lê.
Die Cheetahs kon twee bonuspunte verdien in hul skoknederlaag teen die Fidelity ADT Leeus in Bloemfontein Saterdag.
Die DHL WP lê nou ook in die top-4 na hul oorwinning (met 25-21 en ‘n bonuspunt) oor die NovaVit Griffons in Welkom Vrydag.
Vier rondes bly oor om die halfeindrondes te bepaal.

Puntemakers
Airlink Pumas 22 (9) – Drie: Giovan Snyman. Verdoel: Tinus de Beer. Strafskoppe: De Beer (4). Skepskoppe: De Beer.
Cell C Haaie 24 (5) – Driëe: James Venter, Daniel Jooste, Dylan Richardson, Dian Bleuler. Verdoel: Nevaldo Fleurs (2).

Foto: SA Rugby


×