100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

City Changers werk om ‘n verskil te maak in Mbombela

Written by on October 14, 2021

City Changers Social Services glo daaraan om mense te help om die oorsaak van hul pyn te vind en gesond te maak, eerder as om bloot die simptome te behandel.
Die nie-winsgewende organisasie het drie dele van diens aan die gemeenskap. Daar is Tamar-restourasiesentrum, hul Celebrate Recovery-inisiatief en His Bounty-projek.
Past. Leanie Erasmus en Monique Duvenhage het vir Ludi meer vertel oor hul ondersteuningsdienste. Luister weer hier daarna.

“Ons hart is vir restourasie, om heel gesinne te hê, want heel gesinne maak ‘n heel gemeenskap,” sê Duvenhage.
Ondersteuningsgroepe ontmoet elke Maandagaand by Communio-kerk van 18:00 tot 20:00.
Om kontak te maak, skakel 013-741-1077, stuur ‘n e-pos na [email protected] of besoek Tamar Restoration Centre se blad op Facebook.


×