100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Charl du Plessis hou môre In jou huis konsert

Written by on June 25, 2021

Die vierde aflewering van die In jou huis-konsertreeks is hier. Die gelukkige Laeveldse gehoor sal môre deur pianis Charl du Plessis vermaak word.
Hy is veral bekend as die man wat al vir 21 jaar lank Nataniël begelei tydens sy optredes.
Die reeks van ses konserte word aangebied in samewerking met Innibos, kykNet en Radio Laeveld. Bywoning is beperk, maar die vertoning word Saterdag regstreeks op Radio Laeveld uitgesaai.
Du Plessis sê hy sien baie uit, omdat hy lanklaas in die Laeveld opgetree het.

Hy wou van kleins af altyd mense vermaak. “My ouers kon vir my die balans gee om te verstaan almal hou nie van swaar klassieke musiek nie. Nou speel ek wat ek weet min of meer in almal se smaak val.”
Hy was eers ‘n aanhanger van Nataniël voor hy sy begeleier geword het.
Oor hom sê Du Plessis: “Hy is altyd professioneel. Hy bring altyd nuwe klere en stories na ‘n dorp toe. Hy bly skep, sodat ‘n gehoor nooit twee keer in ‘n ry dieselfde ding hoor nie. Hy doen moeite en respekteer die gehoor.”
Hy is dol daaroor om oorsee op te tree, veral in Europa en China, waar hy vir jare reeds gereeld optree.
“Die mense in China is so honger vir musiek en kuns en hulle behandel jou so goed. Duisende mense kom luister na klassieke musiek, dit is ‘n vreemde gevoel om dit voor soveel mense uit te voer.”
Dit is heel die teenoorgestelde van wat die gehoor Saterdag kan verwag by die intieme In jou huis-konsert. Skakel om 19:00 in op 100.5FM om regstreeks na die vertoning te luister.


×