100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Botaniese tuin heropen

Written by on August 3, 2020

Die botaniese tuin het Maandag uiteindelik weer heropen.
Al 11 botaniese tuine in die land was sedert die grendelstaat vier maande gelede ingestel is, vir die publiek gesluit.
Aangesien hulle nie as natuurreservate of openbare parke geklassifiseer word nie, is spesiale heropeningsreëls vir die tuine verlede week in die staatskoerant gepubliseer.
Daarvolgens mag mense die tuine gebruik vir oefening, soos stap en selfs joga. Groepe wat saam oefen word egter beperk tot vier mense.
“Dit sal moontlik nie vir die joga-instrukteurs haalbaar wees nie,” sê die Laeveld Nasionale Botaniese Tuin se Taki Mamatsharaga.

Hy voeg by dat hulle verlig is om weer te mag heropen, aangesien die inperking hulle ook finsieël onder baie druk geplaas het.
Boonop het Sanbi, wat die tuine bestuur, deurgaans “volstoom” gewerk, so besoekers kan uitsien na ‘n “fantastiese” tuin.

“Dit lyk nie asof daar ooit winter was nie,” sê hy.
Die restaurant binne die tuin mag ook heropen – met streng veiligheidsmaatreëls in plek.
Sosiale geleenthede en pieknieks word glad nie toegelaat nie.
Vir nou bly die speelarea vir kinders, die Braille-roete, waterfonteine en piekniektafels eers gesluit.
Mamatsharaga verduidelik dat dit nie prakties is om iemand heeldag daar te stasioneer nie.
“Alles moet voor en na individuele gebruik ontsmet word, anders word dit ‘n broeiplek vir die virus.”
Volgens die regulasies word vergaderings toegelaat, maar tot 50 mense beperk.
Alle besoekers moet gesigmaskers dra en met hul aankoms ‘n register invul waar hul temperatuur ook gemeet sal word.


×