100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Bietjie-Bos bring ‘n bietjie broodnodige lafenis

Written by on December 6, 2021

Reënweer en Covid-19 kon nie keer dat die afgelope Bietjie-Bietjie-Bos ‘n sukses was nie.
Innibos se bemarkingshoof, Sandra Jacobs, sê hulle is baie tevrede met die opkoms, en dankbaar vir al die ondersteuning.
Die Kersloffees is Sondag na Communio-kerk geskuif weens die reënerigheid en nat veld. Die beperking van 2 000 mense per aand is geen van die drie aande bereik nie – hoewel dit met baie gemis is nie.
“Ons is baie tevrede met die opkoms,” aldus Jacobs.

Die debuut toneelproduksie, “Wat As” het besonders goeie kaartjieverkope gehad. Die leefstylproduksies het ook goed gevaar, veral die grimeerklas met Willem Botha.
“Klassiek@Christies”, onder leiding van Walter Fourie en met ‘n vertoning van die violis Zanta Hofmeyr, het uitverkoop. “Dit is verbasend, omdat die klassieke musiek gewoonlik ‘n bietjie aan die agterspeen suig.

“Ek dink dit was ‘n goed gebalanseerde fees,” sê Jacobs. “Daar was iets van alles en ons het getrou gebly aan Innibos se tradisie. Ons het ook ons beste gedoen om oral Covid-19-protokolle te volg.”
Hoewel die weer saamgespeel het, en dit nie tydens die konserte gereën het nie, dink sy tog die nuwe variant het bywoning ‘n bietjie gestrem.

“Die kunstenaars was baie dankbaar. Ons (Innibos) het dit nodig gehad, ek dink mense in die Laeveld het dit nodig gehad, en die kunstenaars het dit nodig gehad.
“Ons hele hart is daarin om volgende jaar wees ‘n volwaardige groot fees aan te bied. Dit is ons plan, ons sal egter nie ‘n datum kan aankondig voor ons nie seker is dat ons dit wel sal kan aanbied nie.


×