100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Berei saam met die kenners voor vir Eisteddfod

Written by on July 13, 2021

Onthou om jou plek te bespreek vir Innibos se Eisteddfod drama-werkswinkels aan die einde van die maand. Dit is vir leerlinge en onderwysers bedoel ter voorbereiding van die Nelspruit Eisteddfod wat in Augustus afskop.
Bywoning is boonop spotgoedkoop en beloop slegs R60pp.
Komediante Wynand van Vollenstee en Margit Meyer Rödenbeck sowel as Adriaan van As en Francois Jacobs sal die werkswinkels aanbied.
Van stemgebruik tot lyftaal en rolprentwerk gaan behandel word. Van Vollenstee beloof dit gaan baie pret wees.

Hy sê hulle sal tydens die werkswinkels onder meer behandel hoe om ‘n stuk te kies, hoe om ‘n karakter te bou uit die teks, teksontleding doen en drama én komedie dek. Buiten die beloofde wenke spesifiek gemik op die opkomende Eisteddfod, wil hulle ook vir die deelnemers ‘n groter prentjie skets oor hoe ‘n mens na die kompetisie jou talent kan gebruik om ‘n loopbaan te bou.
Wie kan beter wees as hierdie vier uiteenlopende akteurs om hul ervaring te deel vir ‘n afgeronde ervaring?
Die werkswinkels vind op Vrydag 30 Julie van 14:00 tot 20:00 en Saterdag 31 Julie van 09:00 tot 11:00 plaas. Daar is net plek vir 75 (25 per klas). Volg die skakel vir die inskrywingsvorm: https://www.innibos.co.za/category/eisteddfod-werkswinkels/
Besoek innibos.co.za en klik op “projekte” of skakel 013-741-5294 vir meer besonderhede.


×