100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Curriebeker-kragmeting Saterdag in Mbombela kan bepalend wees

Written by on June 1, 2023

Die Cell C Haaie en Toyota Cheetahs sal die naweek probeer om tuis halfeindrondes te verseker in die Curriebeker deur onderskeidelik die Fidelity ADT Leeus in Durban en die Airlink Pumas in Mbombela te klop.

Twee wedstryde bly oor om die halfeindrondes te bepaal en sewe uit die agt deelnemende spanne bly in die wedloop om die finale vier.

Die Airlink Pumas bly egter ook in die wedloop om ‘n tuis halfeindronde te bespreek.

Hoofafrigter, Jimmy Stonehouse, en uitvoerende beampte van die Pumas, Marius van Rensburg, gesels met Gerhardt.

Luister weer hier:

So lyk die punteleer tans

Sou die verdedigende kampioene egter hul oorblywende wedstryde – teen die Cheetahs Saterdag en volgende naweek teen die Windhoek Draught Griekwas – verloor, sal hulle glad nie die laaste vier haal nie.

Die DHL WP, Leeus, Vodacom Bulle en Griekwas soek almal steeds ‘n spasie onder die top vier.

Die Griekwas moet egter dan die WP Vrydag in Kimberley wen om hul hoop lewendig te hou.

Die WP kan weer met ‘n sterk span speel, gegewe dat hul Verenigde Rugby-Kampioenskap (VRK) ook nou afgehandel is.

Hoewel die NovaVit Griffons vroeër die seisoen hul enigste oorwinning in die Curriebeker teen die Bulle kon vermag, is die span waarteen hulle in Pretoria uitdraf aansienlik versterk deur die toevoeging van verskeie Springbokke na afloop van die VRK.

‘n Vier-drieë bonuspunt behoort hulle in die top-4 in te sluit.

Sien ook: Curriebeker: Airlink Pumas derde met twee rondes oor

Beide die Pumas en Cheetahs het na ‘n sterk begin die afgelope weke teleurstellende uitslae behaal.

‘n Nederlaag vir die span van Mpumalanga kan hulle nog verder op die punteleer laat daal, terwyl ‘n oorwinning vir die Vrystaters ‘n tuis halfeindronde sal verseker.

‘n Wen vir die Haaie teen die Leeus in Durban sal ook verseker dat ‘n halfeind op hul tuisveld gespeel word.

Die afskop vir die wedstryd tussen die Airlink Pumas en Toyota Cheetahs Saterdag by Mbombela-stadion is om 17:00.

Foto: Puma-heelagter Devon Williams het ‘n driekuns behaal tydens hul 61-21 oorwinning in Bloemfontein op 31 Maart. Foto: Kaptured Concepts


×