100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Beloning vir inligting oor verdagtes wat motorbande beskadig

Written by on June 23, 2021

TRAC het ‘n R10 000-beloning uitgeloof vir inligting wat tot die suksesvolle vervolging van oortreders sal lei wat by die sogenaamde “spiking” van motorbande betrokke is.
Voorwerpe word in die pad geplaas om voertuie te beskadig wat motoriste forseer om te stop en hulle word dan beroof – en selfs aangerand.
TRAC se woordvoerder, Solange Soares, sê die gebruik is nie uniek aan die N4 nie, en TRAC het nie die gesag om enige wetstoepassing toe te pas nie, maar hulle wil motoriste help om hulself te beskerm.

Daarom raai TRAC mense aan om liefs in die daglig te reis, omdat dit Meestal snags plaasvind.
Sou dit nie moontlik wees nie, is hul raad om stadiger te ry om ‘n bestuurder meer tyd te gee om te kan reageer, sou hulle die slagoffer hiervan word.
As dit met jou gebeur, probeer stadig so ver as moontlik van die toneel af wegry en hou eers by ‘n veilige, goed beligte plek stil.
Enige fluitjieblasers met inligting oor die oortreders is gevra om 082-900-2447 te kontak.


×