Author: lande

Page: 6

‘n 34-jarige pastoor is deur ‘n onbekende man doodgeskiet terwyl hy ‘n kerkdiens in Doornkop, buite Middelburg, gelei het. Kolonel Mtsholi Bhembe, polisiewoordvoerder, het gesê dat Pastoor Christopher Mokwena Woensdagaand omstreeks sewe uur ‘n diens gedoen het toe ‘n man hom uit die kerk dwing deur ‘n vuurwapen op hom te rig. Die verdagte het […]

Twee lede van die studenteraad is geskors na die betogings by die Universiteit van Mpumalanga, vroeër dié week. Die president van die studenteraad, Mcolisi Ngcamphalala en Wandile Shabangu, die tesourier en Mbombela CRC-voorsitter, is geskors. Dit volg na hulle Dinsdag die pad na die universiteit versper het, en aangedring het dat dat bestuur hulle bekommernisse […]

Polisie in Mosambiek en Suid-Afrika beoog om samewerking te verbeter. Dit is glo om misdadigers – wat in mekaar se lande wegkruip – op te spoor en uit te lewer. Spanne van die ministeries van binnelandse sake van beide lande gaan ‘n “werkstrategie” definieër om vlugtelinge te identifiseer, op te spoor en in hegtenis te […]

Hoërskool Nelspruit het onlangs vir die tweede jaar in ‘n ry in samewerking met SACTWU (Southern African Clothing and Textile Workers’ Union) ‘n projek geloods om ‘n winterskool aan te bied vir SACTWU-lede se graad 12-kinders. Die winterskool is van 2-6 Julie 2018 in 6 vakke (soos deur SACTWU geidentifiseer) aangebied. Die vakke het ingesluit […]

Besoekers aan die Kruger Nasionale Park moet daarop let dat protes-aksies plaasvind op die pad wat na Numbi-hek lei. Dit is tans ontoeganklik as gevolg van betogers wat die pad blokkeer het. Daar is wel glo dele van die pad wat huidiglik skoongemaak word om toegang te probeer bewerkstellig. Besoekers word egter aangeraai om alternatiewe […]

‘n Egpaar van Mpumalanga is op die Droefheidplaas in hegtenis geneem vir die bestuur van ‘n dagga-laboratorium. Die Valke, in samewerking met die Secunda dwelmeenheid, Misdaad Intelligensie en honde-eenheid het op sowat 20 kilogram gekompakteerde dagga beslag gelê. Daar is ook beslag gelê op ongeveer honderd en 12 daggaplante ter waarde van meer as vierhonderd […]

Een persoon is ernstig beseer en honderde meer beseer, tydens ‘n aanval op Pundanhar se hoofkwartier-dorp, in die Mosambiekse provinsie Cabo Delgado. Die aanval, wat die plaaslike administrasie se sekretariaat vernietig het, kom ‘n week nadat ‘n militêre operasie deur die Verdediging en Veiligheidsmagte na bewering teen ‘n basis van die groep- wat destyds vier […]

In reaksie op die renosterstropingskrisis waaraan die Kruger Nasionale Park onderwerp is, het die Ere Veldwagtersbewarings-dienste ‘n Bat Hawk-ligte vliegtuig geskenk. Dit is om ‘n oog uit die lug te wees vir hierdie bewaringsgebied. Vlieënier Andrew Decmet, het gesê die lug het ‘n belangrike deel van die stryd teen renosters en olifantstropery, in die meeste […]

Dwelms met ‘n straatwaarde van ongeveer 3,3 miljoen rand is onder die enjinkap van ‘n sedan voertuig ontdek. Die bestuurder van die voertuig was op pad uit Mosambiek na Mpumalanga. Mtsholi Bhembe, polisiewoordvoerder, het gesê die dwelms is tydens ‘n gesamentlike operasie deur die polisie, die verkeersdepartement, die departement van binnelandse sake se persoonlike amptenare […]

Hoërskool Nelspruit se Blits Rhinos (NHS se eerste sewesspan) het die afgelope naweek saam met ander plaaslike skole aan Lowveld High School se sewestoernooi deelgeneem. Hulle het in vyf wedstryde slegs 10 punte afgestaan en honderd agt en sestig punte aangeteken! NHS se o/14/15 span is naaswenners van die toernooi. NHS se rugby-sportspesialis, Gerhard Holtzhausen, […]


Current track

Title

Artist

Background