100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

All Blacks in Mbombela steeds welkom in September

Written by on May 21, 2020

Die ergste moontlike sal wees dat geen rugby vir die res van die jaar gespeel kan word nie.
Die Springbokke se Julie-toetse teen Skotland en Georgia is verlede week gekanselleer.
Die verwagte westryd teen die All Blacks, wat op 26 September in Mbombela moet plaasvind, gaan na verwagting steeds voort.

Tog is die Pumas positief dat hulle die jaar ten minste uit sal kan sien, al trek hulle ‘n bietjie swaarder as van die ander unies in Suid-Afrika.
Pieter Burger, uitvoerende hoof van die Pumas, sê die hele rugbybedryf moet die krisis probeer oorleef.
Uit ‘n kommersiële oogpunt word die Pumas wel harder getref deur die inperking.
Sekere industrieë, soos netwerkverskaffers, wat van die ander unies borg, doen nie sleg onder die pandemie nie.
Die teikenmark van die Pumas se finansiële vennote is egter fundamenteel negatief beïnvloed.
Volgens Burger sukkel 99% van hul borge. Hy is egter positief oor die planne.
SA Rugby se besparingsplan behels die besnoeiding van salarisse en verskeie kompetisies soos jeugweke en provinsiale sewestoernooie is afgestel om die bedryfskostes en operasionele kostes daarvan te bespaar.

“Ons gaan almal mekaar help om tot Desember deur te kom,” beaam Burger.
“Elke land probeer om onder omstandighede
prosedures en maatreëls in plek te stel om die massiewe impak te probeer bestuur.
“Ons is nie die enigste industrie of besigheid wat geraak word nie. Hierdie pandemie en die hantering daarvan in elke land, wêreldwyd, kan nog nie gekwantifiseer word nie.
“Ek dink daar is nog nie genoeg data nie. Dit gaan regtig eers begin deursyfer aan die einde van die maand.”
SA Rugby se uitvoerende hoof, Jurie Roux, sê hul inkomste is gekoppel aan professionele wedstryde, en omdat hulle nie weet of die seisoen hervat sal kan word nie, moet hulle vir verskeie situasies begroot.
Sakeondernemings veg tans vir oorlewing te midde van die Covid-19-pandemie, en rugby is geen uitsondering nie.


×