100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Vodacom belê groot in Mpumalanga

Written by on August 1, 2025

Vodacom sal aan die einde van hierdie finansiële jaar meer as R1 miljard belê het oor twee jaar om sy konnektiwiteit te verbeter in Mpumalanga.

Die maatskappy het gisteroggend met die media gedeel hoe hulle hul dienste in die provinsie uitbrei.

Lindy Chabalala sê sy is self ‘n produk van Vodacom se belegging en het gekom waar sy vandag is deur ‘n beurs van die maatskappy.

Lindy Chabalala

Sy verduidelik hoe Vodacom belê in sy transmissienetwerk en stukrag, 5G uitbrei en 4G verbeter, en ook fokus op diep landelike gebiede vir ‘n beter ervaring vir gebruikers.

Prioriteitsareas sluit landelike areas in Mbombela, Bosbokrand, Nkomazi en Thaba Chweu in, hoewel dit regoor die provinsie geskied.

Andries Gower sê die sake-afdeling fokus daarop om klein- en mediumondernemings (KMMO’s) te ondersteun deur vennootskappe te bou “deur saam nuwe oplossings te skep vir verbruikers, want die tegnologie verander so vinnig en baie.

“Ons glo dit is van kritieke belang om die ekonomie te help groei.”

Andries Gower”Ons kan baie groei sien wanneer  KMMO’s behoorlik in ondersteun word.”

Monde Ngcukana het uitgewei oor hul breedvoerige korporatiewe maatskaplike beleggings wat oor die afgelope vyf jaar in die omgewing van R30 miljoen beloop het.

Dit is in gebiede wat wissel van vroeë kinderontwikkelingsentrums (hulle is besig om ‘n derde een op te rig), ondersteuning aan leerlinge,  universiteitstudente, boere en selfs kinder-geleide huishoudings.

Ngcukana skryf dit deels toe aan passievolle werknemers wat langtermyn, volhoubare projekte dryf.


Continue reading