Liggaam in Hazyview-polisiestasie se dak ontdek
Written by Mireille on June 30, 2025
Die ontbindende liggaam van ‘n man is Woensdagaand binne-in die dak van die Hazyview-polisiestasie ontdek.
Die polisiewoordvoerder van Mpumalanga, brig. Donald Mdhluli, sê die afgelope sowat drie weke is ‘n “verskriklike stank” rondom die stasie opgemerk, wat tot die soektog na die bron gelei het.
Aanvanklik is vermoed dat dit dooie rotte of ‘n dier kon wees.
Dit was eers toe hulle die dakteëls lig dat hulle op die man se liggaam afgekom het.
Die polisie vermoed dat hy moontlik doodgeskok is terwyl hy kabels probeer steel het, aangesien gereedskap langs sy liggaam gevind is.
Hy is nog die geïdentifiseer nie.