100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Pumas pak Griekwas in 2025 SA Beker-eindstryd in Mbombela

Written by on May 20, 2025

Die Airlink Pumas het Vrydagaand ’n dramatiese 31-29 oorwinning oor die Boland Kavaliers by Mbombela-stadion behaal om ’n tuiseindstryd vir die 2025 SA-bekertoernooi te verseker.

Die Pumas het op ‘n stadium met slegs 12 spelers gespeel ná drie geel kaarte, maar het steeds daarin geslaag om te wen toe losskakel Danrich Visagie laat in die wedstryd ’n strafdoel aangeteken het.

Hulle sal in die finaal teen die verdedigende kampioene, die Griekwas, te staan kom.

Jimmy Stonehouse en Marius van Rensburg kuier saam met spelers Willie Engelbrecht en Lundi Msenge by 100.5FM. 

Luister weer: