100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Kommer oor finansiële krisis in Mbombela-munisipaliteit 

Written by on May 6, 2025

Die Vryheidsfront Plus in Mpumalanga sê hy is bekommerd oor die algehele gebrek aan verantwoordbaarheid en optrede om ‘n oplossing te vind vir die verslegtende finansiële krisis in Mbombela-munisipaliteit.

Die jongste syfers toon die Departement van Openbare Werke en Vervoer skuld die munisipaliteit R110,6 miljoen, vir klinieke R31 miljoen en vir skole R10,3 miljoen.

Ken Robertson van die VF Plus se sê die uitstaande skuld aan die munisipaliteit beloop meer as R200 miljoen, ‘n krisis wat dringend ingryping vereis:

Luister:

Intussen het President Cyril Ramaphosa ‘n proklamasie onderteken wat die Spesiale Ondersoekeenheid (SEO) magtig om bewerings van wanadministrasie in Mbombela-munisipaliteit te ondersoek.

Die ondersoek hou verband met sewe tenders.

Die SOE sê hy moet bepaal of die verkryging en kontraktering op ‘n wyse gedoen is wat billik, mededingend en deursigtig is.

Die ondersoek sal ook kyk na enige onreëlmatige, onwettige of onbehoorlike gedrag deur amptenare of werknemers van die munisipaliteit, en sy verskaffers.