Pumas bo met een ronde oor in SA Beker
Written by Mireille on May 5, 2025
Die Airlink Pumas het hul status as die enigste onoorwonne span in die SA Beker behou deur Saterdag die Boland Kavaliers met 34-32 in ‘n opwindende wedstryd in Wellington te klop.
Die twee bonuspunte wat Boland ondanks die nederlaag kon bekom hou hulle in die vierde plek op die punteleer.
Die Pumas lê eerste, gevolg deur die Griekwas en Cheetahs.
Dié drie het hul plekke in die halfeindronde bespreek – en daarmee saam gekwalifiseer vir die Curriebeker-premierafdeling.
Een van Boland, die Griffons of die Valke sal by hulle aansluit na die komende naweek se finale ronde.
Die Pumas se finale wedstryd voor die halfeindrondes is Saterdag in Welkom teen die Griffons.
*Foto: Die Pumas in aksie teen die Griekwas verlede naweek