100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Opdatering: Kaper gesoek na verkeersbeampte se skietdood

Written by on August 1, 2022

Die Valke is op soek na ‘n man wat hulle glo hulle kan help in hul ondersoek na die kaping en moord van ‘n verkeersbeampte in Bosbokrand verlede Vrydagaand. Volgens Valkewoordvoerder, kapt. Dineo Sekgotodi, was Victor Thabo Mashego (35) besig om te bestuur toe daar op sy VW Polo losgebrand is.

Sy twee passasiers kon ongedeerd uit die voertuig ontsnap. Die aanvallers het hom uit die voertuig gehaal en weggejaag. ‘n Ma en haar drie volwasse seuns het reeds in die hof verskyn op klagte van die besit van die geroofde motor, nadat die voertuig geparkeer by haar Hop-huis in Bosbokrand gevind is.

Ykelina Ubisi (66) is borgtog van R500 toegestaan. Haar seuns, Remember Ngovene (35), Jabulane Ngovene (46) en Venus Advice Ngovene (35) bly in aanhouding. Hulle verskyn weer Woensdag, 3 Augustus, in die Calcutta-landdroshof.

Sekgotodi sê Chris Maile kan die Valke help om die ondersoek af te handel. Enigiemand met inligting is gevra om AO Vusi Mpangane te kontak by 082-469-1860 of sers. Vhusi Mpunzi by 071-481-3250.

============

26 Julie, 2022: 15:01

‘n 72-jarige vrou en haar twee seuns is in Bosbokrand aangekeer vir die besit van gesteelde goedere na die kaping en moord van ‘n verkeersbeampte.
Thabo Mashego was van diens af toe hy Vrydagaand in Saselani naby Bosbokrand vermoor is.
Volgens die polisie het hulle Maandag sy VW Polo by die pensioenaris se huis in Agincourt opgespoor, na hulle ‘n wenk van die publiek ontvang het.
Die voertuig was glo onder ‘n lap en die karbattery is in die huis gevind.
Brig. Selvy Mohlala sê die moontlikheid is nie uitgesluit dat hulle aan die kaping en moord gekoppel sal word nie.


×