100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

220 nuwe polisielede vir Mpumalanga verwelkom

Written by on August 18, 2021

Mpumalanga se polisiekommissaris, luit. gen. Semakaleng Manamela, het 220 nuut opgeleide polisiekonstabels verwelkom by Mbombela-stadion. Hulle het beklemtoon dat baie van hulle vroue is.
Sy het ouers verder gemaan om hul kinders nie sonder toesig te laat nie, na twee kleuters Maandag in Amersfoort in ‘n huisbrand dood is.
Volgens die polisie is ‘n tweejarige tweeling seun en dogtertjie saam met hul niggie (sy was jonger as vyf), alleen by die huis gelos waar ‘n kers gebrand het (die area het nie elektrisiteit nie) terwyl hul oppasser winkel toe is. Die seuntjie kon uit die vlamme gered word deur bure en is in ‘n kritieke toestand in die hospitaal.
Die twee dogtertjies is dood. Die premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane, het die huis vandag besoek.

‘n Paartjie is in die hof vir kommersiële misdaad in Nelspruit gevonnis tot ses jaar tronkstraf vir bedrog, nadat hulle hulself vir jare valslik as laerskoolonderwysers voorgedoen het.
Volgens die Valke se woordvoerder, kapt. Dineo Sekgotodi, het dit die Mpumalanga departement van onderwys meer as R1 miljoen gekos in hul salarisse.
Hlobisile Lindokuhle Mthembu en Bongisipho Robert Mthembu het na ‘n ondersoek na kwalifikasies bedank. Hul tronkstraf is opgeskort vir vyf jaar.

Rejoice Sindisile Magagula en Matilda Velelent Shongwe moet op 15 September weer in die Nelspruit-hof verskyn op klagte dat hulle die Suid-Afrikaanse Inkomstediens R203 681 in inkomste gekos het.
Volgens die Valke het Magagula na bewering deur ‘n maatskappy, Fundzani Trading, vals belastingopgawes ingedien en van die geld aan Shongwe oorbetaal.
Hulle is Maandag aangekla van bedrog, geldwassery en diefstal of alternatiewelik die oortreding van die wet op Belastingadministrasie. Elkeen is borgtog van R2 000 toegestaan.

Die polisie is ook op soek na verdagtes na ‘n man se liggaam Maandag in Delmas ontdek is. Sy liggaam is in bosse by Leeuwpoort langs die R42 gevind. Hy is verskeie kere geskiet. Enigiemand met inligting is gevra om speurder kapt. John Mothupi te kontak by 082-492-6862.


×