100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Opdatering: Motoriste aangeraai om N4 by Vosman te vermy

Written by on May 11, 2023

LUISTER DIE BERIG HIER:

TRAC het die geweldadige betogings op die N4 veroordeel weens die veiligheidsrisiko aan padgebruikers en skade wat aan eiendom aangerig is.

Volgens die eMalahleni-munisipaliteit is inwoners van die KwaGuqa-nedersetting en omliggende gebiede al ‘n week sonder elektrisiteit.

Volgens die kommunikasiebestuurder van TRAC, Solange Soares, is die N4-tolpad tussen die Balmoral-wisselaar en die N4/N12-vurk naby eMalahleni (Witbank) sedert Dinsdagaand weens geweldadige diensleweringsproteste gesluit.

Vragmotors is onder andere aan die brand gesteek.

Soares sê TRACAssist het ‘n deel van die pad afgesper as ‘n voorsorgmaatreël.

Hulle is ook op die toneel om verkeer te herlei.

TRAC raai padgebruikers aan om die area te vermy tot die kwessie opgeklaar is.

Alternatiewe roetes is (in die rigting van Pretoria) N12 by die N4/N12-vurk net na die Middelburg-tolhek. Gebruik die Delmas-afrit wat na Bronkhorstspruit lei vanwaar die N4 weer bereik kan word.

In die rigting van Nelspruit, neem die afrit by die Bronkhorstspruit-wisselaar (R42) in die rigting van Delmas en sluit aan by die N12 wat weer by die N4 aansluit net voor die Middelburg-tolhek.

Kontak die TRAC 24-uur hulplyn tolvry by 0800-87-22-64.

==========

N4 steeds by Vosman gesluit weens protesaksie, 10 Mei 14:27

Die N4-tolpad is steeds in die omgewing van Vosman gesluit weens protesaksie.

Motoriste wat vanaf die Laeveld na Gauteng reis is aangeraai om alternatiewe roetes te gebruik.

Die pad is in beide rigtings gesluit.

Die Mpumalanga polisiewoordvoerder, brig. Selvy Mohlala:


×