Kruger Nasionale Park

Page: 3

‘n Veldwagter is doodgeskiet toe sy eenheid ‘n bende stropers in die Kruger Nasionale Park gekonfronteer het. SANParke het die man se dood bevestig, maar het gesê sy identiteit kan nie vrygelaat word voordat sy familie ingelig is nie. Woordvoerder van SANParke, Ike Phaahla, het gesê die veldwagter en sy kollegas het kontak gemaak met […]

Die spoorsnyhonde, het binne die eerste week dat hulle uit Texas, Amerika, aangekom het, alle verwagtinge oortref deur hul eerste verdagte op te spoor. Dit was op die honde se eerste spoor in die Kruger Nasionale Park wat hulle die stroper gekry het. Theresa Sowry, uitvoerende hoof van die Suider-Afrikaanse Wildkollege, het dit bevestig. Texaan, […]

‘n Trop spoorsny-honde vanuit Amerika het hierdie week in Suid-Afrika geland om te help in die geveg teen stropery in die Kruger Nasionale Park. Joe Braman – vanaf Texas – het die trop honde opgelei. Braman se span van tien honde is na bewering huidiglik in kwarantyn sowat 10 kilometer wes van die KNP. Hulle […]

Hoofuitvoerende beamptes van verskeie maatskappye het onlangs die Kruger Nasionale Park besoek om te leer oor wat SanParke doen om renosterstropery te beveg. Die uitnodiging is gemaak met die hoop om befondsing van die private sektor te ontvang. Werner Myburgh, uitvoerende hoof van Peace Parks, het gesê die park was die grootste ekonomiese dryfkrag in […]

Die Kruger Nasionale Park het die naweek – in samewerking met Total South Africa -die “Keep Kruger Clean”-veldtog by Luphisi, aangebied. Die doel van hierdie veldtog is om op te voed en bewustheid te skep oor die gevare van plastiek vir die omgewing. Die veldtog is ‘n voortsetting van die Wêreldomgewingsdag (WED) herdenking wat elke […]

‘n Vermeende stroper is deur veldwagters in die Kruger Nasionale Park doodgeskiet. Die woordvoerder van SANParke, Janine Raftopoulos, het bevestig dat veldwagters besig was met ‘n opvolg-operasie naby die Krokkedilbrug toe hulle op ‘n groep vermeende stropers afgekom het. ‘n Skietery het glo uitgebreek en een verdagte is doodgeskiet. Daar is ‘n .375-geweer met ‘n […]

SANParke het ontken dat dit die stryd teen renosterstropery in die Kruger Nasionale Park verloor, soos dit in ‘n verslag deur Carte Blanche beweer is. Die insetsel, “Follow the Guns” deur Kathi Lynn Austin, het onder andere beweer dat SANParke se senior personeel saam met lede van die Suid-Afrikaanse wetstoepassingsagentskappe, indirek betrokke kan wees met […]

Besoekers aan die Kruger Nasionale Park is gister gewaarsku dat die Paul Krugerhek ontoeganklik is weens protesaksies. Plaaslike gemeenskappe het ongeveer 20 kilometer voor die hek, die R536-pad blokkeer. Besoekers word aangeraai om steeds alternatiewe hekke soos Phabeni (wat ongeveer 10 kilometer vanaf Hazyview op die R536 is) te gebruik. Die polisie is op die […]

SANParke het gister die inhegtenisneming van twee veldwagters aangekondig. Hulle was vermoedelik betrokke by renosterstropery. Die twee verdagtes het na bewering in Mei 2018 ‘n witrenoster geskiet en onthoring. Die verdagtes is gisteroggend in hegtenis geneem na ‘n intensiewe gesamentlike ondersoek wat deur die SANParke omgewings-misdaad-ondersoekende Eenheid en die polisie uitgevoer is. Die bestuursuitvoerende gesag […]

Drie stropers is Maandag deur veldwagters in die Kruger Nasionale Park in hegtenis geneem. Die wagters het glo ‘n dag lank die verdagtes se spore gevolg. Die veldwagters, wat ondersteun is deur die honde-eenheid en die lugvleuel-reaksiespanne, het die inhegtenisname net voor sononder gemaak. Die verdagtes was in besit van ‘n swaar kaliber jaggeweer, stropery […]


Current track

Title

Artist

Background