R10 miljoen gesteel tydens transito-rooftog

Written by on April 11, 2018

Want create site? Find Free WordPress Themes and plugins.

Ongeveer R10 miljoen is gisteroggend gebuit nadat ‘n Fidelity-geldwa tydens ‘n kontant-in-transito aanval beroof is. Twee geldvoertuie was op pad om pensioengeld naby Pienaar te gaan uitbetaal toe hulle in ‘n lokval gery het. Die polisie het bevestig dat ‘n wit Toyota-bakkie agter die geldwa inbeweeg het, en ‘n wit BMW van vooraf verskyn het.

Daar is op die Fidelity-voertuig met aanvalsgewere geskiet totdat dit tot stilstand gekom het. Die bestuurder en sy span is uit die voertuig gedwing. Die kluis is met plofstof opgeblaas waarna daar met die geld gevlug is. Daar word vermoed dat daar een vrou in die groep van ongeveer tien verdagtes, was. ‘n Polisiebron het gesê dat die moontlikheid dat die aanval gereël is nadat vertroubare inligting vooraf gedeel is, word ondersoek.

SABRIC uitvoerende bestuurder, Kalyani Pillay, het gesê daar is beslis ‘n styging in hierdie tipe rooftogte, met groepe wat bestaan uit tussen 10 en 20 verdagtes. Hulle is gewoonlik gewapen met automatiese aanvalsgewere, en gebruik kommersiele plofstof om toegang tot die kluis te kry.

Did you find apk for android? You can find new Free Android Games and apps.

Reader's opinions

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *



Current track

Title

Artist

Background