Polisieman vas na motordiefstal

Written by on October 4, 2018

Want create site? Find Free WordPress Themes and plugins.

‘n Mpumalanga-polisiebeampte is in hegtenis geneem nadat hy glo ‘n paartjie se motorvoertuig gesteel het. Die polisie het in ‘n verklaring gesê die beampte was aan diens en het ‘n staatsvoertuig bestuur toe hy na bewering ‘n motoris van die pad gedwing het. Die polisieman het toe na die voertuig gegaan en die bestuurder saam met sy vrou beveel om uit te klim. Die verdagte het daarna met die voertuig gery en die staatsvoertuig daar gelos. Hy is in hegtenis geneem nadat hy homself aan die polisie gaan oorgee het. Hy is aangekla van diefstal, die gebruik van ‘n staatsvoertuig sonder toestemming, en die diefstal van ‘n vuurwapen.

Did you find apk for android? You can find new Free Android Games and apps.

Reader's opinions

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *



Current track
Title
Artist

Background