Moontlike diarree-uitbraak in die Laeveld

Written by on August 2, 2018

Want create site? Find Free WordPress Themes and plugins.

Die Mpumalanga departement van gesondheid het ‘n verklaring uitgereik dat daar vermoedelik ‘n diarree-uitbraak in die Ehlanzeni-omgewing is. Dit volg nadat twee mense dood is, en 10 mense by die Rob Ferreira-hospitaal opgeneem is. Volgens die departement, het voorlopige resultate van die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes getoon dat daar fekale materie in die water teenwoordig was. Daar was na bewering die afgelope twee weke ‘n toename in diarree-gevalle in Nelspruit, en omliggende omgewings. Sembcorp Silulumanzi het egter verseker dat voorsorgmaatreëls getref is, en dat alle monsters wat tot dusver deur onafhanklike partye getoets is, aan die nasionale standaard vir drinkwater voldoen.

Did you find apk for android? You can find new Free Android Games and apps.

Reader's opinions

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *



Current track

Title

Artist

Background