![]() |
Amanda Botha Ek het al so baie dinge gedoen en beleef in my oudag (hoor hoe kraak die bene) dat ek boeke vol kan skryf. Ek is ongelukkig ‘n lewensvraat, (gelukkig nie suurstof dief nie), netnou klink dit asof ek spog. Soos enige ma, spog ek vreeslik oor my 2 dogters en dink hulle is die beste ding op hierdie aarde, daarom sal ek van daardie onderwerp afbly. My ma het altyd gesê ek is ‘n aandagvraat, het altyd konserte gehou vir my nefies en niggies wanneer hulle kom kuier het. Maar nie verniet nie, hulle moes 5c betaal, want ek het ‘n enorme gat in die soet tand. |
![]() |
Frieda Rieger Woon in die Laeveld sedert 1991, en het by Radio Laeveld begin uitsaai Desember 2008. Tans vryskut-aanbieder van “Jubel en Juig” op Sondae. Ek is ook saam met Amanda mede-aanbieder van “Mengelmoes Kardoes” wat ook op Sondae tussen 12h00 en 14h00 vanuit die ateljee uitgesaai word. Skakel die Ateljee en ons saai jou versoek uit. Ek skryf graag, het 'n passie vir die goeie lewe en leef my Christenskap ten volle uit. Musiek maak my dag. |
![]() |
Tom Farmer Ek het in Julie 2003 by Radio Laeveld begin uitsaai. Dinsdagaande was my kuieraande met die Laevelders en “Bitterbessiebos”, wat nou deur Amanda aangebied word, het die lig gesien, saam met inligtingsprogramme oor die sewe wonders van die wêreld en “Vandag in die verlede”. Van Augustus 2004 tot Desember 2004 het ek ook die ontbytprogram aangebied. Tans geniet ek dit om op vryskutbasis vir Radio Laeveld te werk. Dit is nou Woensdagaande van 20h00 - 23h00 in die program “Kaleidoskoop” en “Foto's en Stories” Dis lekker om in kontak met die Laevelders te bly en ek geniet elke Sondag wanneer ek gemaklike musiek kan speel in “My Gunsteling Uur“ om 14h00. |
![]() |
Derek Wolf Derek is 'n vryskut-omroeper by Radio Laeveld. Op Maandagaande tussen 18h00 en 20h00 is dit tyd vir “Potblou” en “Maandagaand Gospel”. Sondae kan jy gerus nadersit en luister na waarhede en openhartige gesprekke uit die Woord in die programme "Stap Saam Deur Die Bybel" en "Hartlangs" - wat tussen 15h00 en 17h00 uitgesaai word. |
![]() |
Giep van Zijl Oom Giep, soos hy onder sy kollegas bekend staan, is 'n besondere lid van die Radio Laeveld se span. Oom Giep hou ons luisteraars in die deurnagprogram “Klokslag” geselskap. Die program begin klokslag om 24h00 elke dag en gaan deur tot 06h00 wanneer ons Ontbytspan oorvat. Giep was betrokke by 'n verskeidenheid sportsoorte as skeidsregter, afrigter en administrateur. Hy het ook o.a. oorklanking gedoen en ook in Radio Dramas vir die SAUK en Radio Laeveld gespeel. Giep is ook die aanbieder van “Skolenuus” op Saterdae om 14h00 en “Laataand met Giep” - Sondae om 23h00 |
![]() |
Roelf Van Jaarsveld Van radio na rolprente na televisie en terug na radio. Die sirkel is voltooi! Roelf is bekend vir sy voortreflike klankwerk by die SAUK: Staal Burger, Flink uit die vere en talle dramas. Daar is seker nie ‘n radiopersoonlikheid uit die Gouejare by die SAUK saam met wie hy nie ‘n pad geloop het nie. Daarna saam met Jamie Uys en Daan Retief in die movies: Salomien, Breekpunt, Jamie 21, Beautiful People, Funny People, Mooimeisiesfontein, Die Rebel, The Gods Must Be Crazy, Funny Faces en ’n paar internasionale produksies. Sy televisieloopbaan loop net so wyd: Brood vir my broer, Jasper le Feuvre, Die vlaktes duskant Hebron, Arende 3 en honderde dokumentêre programme waarvan een ‘n silver toekenning in Texas, VSA, vir beste regisseur en redigeerder verdien het. Maar na al die jare loop die radiobloed nog dik in sy are. Dis vir hom dus ‘n groot voorreg om meer as dertig jaar se radio/film/TV-ondervinding terug te ploeg tot voordeel van Radio Laeveld se luisteraars! Roelf behartig ook die Radio Laeveld nuus as nuusanker, weeksdae die nuusprogram, “Dagblad”, Donderdagaande tussen 20h00 en 23h00 is dit “Potjiejol” en Saterdagoggende om 7H00 is dit tyd vir “Laeveld Jolyt”, 'n program vir die liefhebber van die buitelewe wat hom in die mooie Laeveld bevind. |
![]() |
Eloise Saayman Eloise stel haar eerste langspeel plaat vry op die ouderdom van 19 gedurende 1988 en dit lewer drie treffers op, Manilito, La-France, en Wanneer ons dans. Eloise is 'n vryskut-omroeper by Radio laeveld, sy het onlangs haar studies as Radio Omroeper voltooi en skuif Vrydag aand 18h00 agter die mikrofoon in vir “Laeveld Treffers”: die luisteraar skakel in gedurende die program en bel 013 7411 999 en kies die treffer van sy keuse in die volgende kategorieë: oud maar nog nie koud, goue oue, en vars uit die oond-treffer. Jy kan ook jou keuse sms na 072 983 4688. “Een en alleen”: volg om 19h00 en as jy enkellopend, eensaam en alleen is, skakel jy gedurende die program en gee ‘n skuilnaam van jou keuse asook ‘n opsomming van hoe jy lyk, waar jy woon en wat jy doen vir ‘n lewe....Eloise saai dit oor die lug uit en slegs jou skuilnaam word gebruik, jy gee ook jou tel nommer aan haar en sy gee dit van die lug af aan die deelnemer wat sy dink die beste by jou sal pas, sy gee ook ander deelnemers se telefoon nommers deur aan jou. jy kan ook jou inligting per e-pos deur stuur aan This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. Op Saterdag aande is dit tyd vir Country Land om 19h00, Eloise bederf jou met n volle uur van country musiek uit die boonste rakke! Sondag oggend om 11h00 is dit tyd vir liedjie toer Dis nês die program titel sê, n uur propvol musiek uit alle style tye en oorde...n ware liedjie toer om jou Sondag mee op te kicker |
![]() |
Endria Endrea is 'n deeltydse aanbieder by Radio Laeveld sedert die ontstaan van die Radio. Sy is die organiseerder van die jaarlikse Kersloffees wat nou al ‘n instelling tydens Desember in die Laeveld geword het. Endria bied die program "Met Woorde en Note" aan wat Sondagaande om 18h00 uitgesaai word en op Maandagaande om 23h00 herhaal word. Dit is 'n program saamgestel uit geestelike musiek met opbouende boodskappe wat deur 'n verskeidenheid leraars van reg oor die land gelewer word. |
![]() |
Bez Bezuidenhout Tussen 15h00 en 18h00 op weeksdae kuier Bez saam op pad huistoe in die program Padlangs. Daar is padverslae, hengelsake, goggas en die " bikers" word ook nie vergeet nie. Saterdae tussen 15h00 en 18h00 is dit “Laeveldsport”: van motorsport tot rugby, sportbrserings en so nou en dan Jukskei ook. Om 18h00 is dit tyd vir “Rooidag Toe”. In “Vir die fynproewer” word tradisionele en moderne boeremusiek en so ietsie oor die musikante opgedis. “Laataand Blues” - Saterdag van 23h00-24h00 is tyd vir Blues-musiek uit die boonste rake. Sonder twyfel word die grootste verskeidenheid Blues-musiek in die land gespeel. Saam in die ateljee is ons kenner, Andre Otto, wat oor al die interresanthede gesels. En as dit te laat is vir jou, word die program Dinsdae 18h00 herhaal. |
![]() |
Mariana |
![]() |
Herman Pieterse As Vryskut-omroeper het ek reeds in 2003/2004 as omroeper by 'n klein gemeenskaps- radiostasie vir 'n Oos-Kaapse gemeenskap, nl. Radio Unique begin. Ek is dol oor die Laeveld, histeries oor die natuur, hou van visvang, motorsport, motorfietse en moes die omroeperwerk jare terug as beroep gekies het. Daarom het ek in 2004 by Radio Laeveld aangesluit. |
Maandae:18h00 - 23h00 – “Maandagaand Kapperjolle” - Vrolike opgewekte musiek deurspek met lekker rock, goue treffers van die vroegste jare tot selfs van die beste Afrikaanse treffers uit die verlede sowel as die hede. Ek poog om die blou uit die Maandag te haal, praat oor die nuutste films, skerts, spot en natuurlik musiek - musiek - musiek.
Vrydae: “Melomanie” (iemand wat mal is oor musiek) 20h00 - 23h00. Dit is braai, kuier, versoektyd met plaaslike sowel as buitelandse musiek. Dit is ook 'n inbelprogram met versoeke en word afgesluit met 'n spesialisprogram genaamd “Laataand Rock”. Laataand Rock begin om 23h00 tot middernag en neem jou deur die verskillende genre's van rock, kunstenaars, groepe en individue, hetsy plaaslik of buitelands en selfs vergete rockgroepe. Iets vir die ou wat kan ROCK.
Saterdae: Vanaf 11h00 - 12h00 “Doen ons dit self” - 'n program vir die luisteraar wat graag wil weet wat hy als kan vermag met sy eie motorhuis toerusting, sy tuin en alle doen-dit-jouself projekte - in die program “Doen-dit-Jouself met Mica”.
Padlangs met Bez is 'n weeklikse program tussen 15h00 - 18h00. Hier skerts ons met die luisteraar op pad huistoe. Dit word beskryf as een van die beter programme tydens spitstyd in die middae. Jy moet dit nie mis nie.
En voor ek vergeet, alternatiewe Saterdagaande vanaf 20h00 - 23h00 roer ek jou wêreld deurmekaar met tipiese Saterdagaand vermaak - uitstekende musiek gemeng, afgerond, deurweek met 'n tipiese kuieratmosfeer. Hierdie program se naam is “Saterdagaand met Herman”. Luister self en ervaar!











