Grootkop in renosterstropery voor hof

Written by on June 21, 2018

Want create site? Find Free WordPress Themes and plugins.

‘n Vermeende grootkop in renosterstropery is vandeesweek in hegtenis geneem. Die polisie het op drie van sy eiendomme in Mpumalanga beslag gelê, sowel as vuurwapens, hoë-kaliber-ammunisie, identiteitsdokumente en bankkaarte. Petrus Mabuza, bekend as “Mr Big”, en die 21-jarige Nozwelo Mahumane, ‘n Unisa-student, is Dinsdag tydens ‘n operasie – onder leiding van die Valke – in hegtenis geneem. Omgewingsaktivis Jamie Joseph, die direkteur van Saving the Wild, het die arrestasies geprys. Hy het gesê die stryd vir geregtigheid begin nou.

Hangwani Mulaudzi, woordvoerder, het gesê die paar het vlugtig voor die Hazyview Streekshof verskyn. Hy het gesê hulle is aangekla van oortredings van die Wet op Vuurwapenbeheer, sameswering om ‘n misdaad te pleeg en verskeie oortredings van die kredietwetgewing.

Lede van die Valke, saam met Counter Intelligence, die Spesiale Taakmag van die SAPD Forensiese Wetenskaplaboratorium en SanParke, het die operasie uitgevoer, het sy gesê. Die twee word ook daarvan beskuldig dat hulle renosterhorings in Mpumalanga onwettig besit. Mabuza bly in aanhouding en Mahumane het borgtog van twintig duisend rand gekry. Foto: worldanimalnews.com

Did you find apk for android? You can find new Free Android Games and apps.

Reader's opinions

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *



Current track

Title

Artist

Background