Geen antwoorde na trein ontspoor

Written by on August 14, 2018

Want create site? Find Free WordPress Themes and plugins.

Daar is nog geen antwoorde aangaande die raaiselagtige manier waarop ‘n vragtrein onlangs tussen Malalane en Nelspruit ontspoor het nie. Die trein het glo steenkool na Maputo vervoer. Die voorval het verlede week langs die Krokodilrivier, plaasgevind. Die toneel is met steenkool besaai, wat volgens Transnet se woordvoerder, Nothemba Dlali, vir Mosambiek se hoofstad, Maputo bestem was. Verskeie goederetrokke het in die slag gebly en die spoor is heeltemal verwoes. Volgens kenners sou die ongeluk noodlottig wees indien daar passassiers aan boord was. Volgens Dlali duur die ondersoek na die oorsaak van die ongeluk voort. Niemand is tydens die voorval beseer nie.

Did you find apk for android? You can find new Free Android Games and apps.
Tagged as

Reader's opinions

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *



Current track

Title

Artist

Background
× How can I help you?