Drie mans vas wat wapen in KNP probeer smokkel

Written by on June 2, 2018

Want create site? Find Free WordPress Themes and plugins.

Wenke vanaf die publiek het tot die inhegtenisname van drie mans gelei wat ‘n jagwapen en ammunisie by die Kruger Nasionale Park probeer insmokkel het. Twee van die verdagtes het reeds voor die Malalane streekshof op aanklagtes van die onwettige besit van ‘n vuurwapen en ammunisie, verskyn. Dit volg nadat die verdagtes toegang tot die Kruger Nasionale Park deur die Malalane-hek probeer verkry het. Die polisie het na bewering ‘n wenk ontvang dat ‘n verdagte wit Volkswagen Polo, met twee insittendes, op pad na die hek is. Die Polo is gestop en deursoek; waarna ‘n jaggeweer met ‘n demper, en ammunisie in die voertuig ontdek is.

In ‘n aparte voorval, slegs enkele minute na die eerste voorval, het die polisie ‘n wenk oor ‘n derde verdagte by dieselfde hek, opgevolg. Dit het gelei tot die inhegtenisname van die derde man. Die derde verdagte se voertuig is ook deursoek waarna  ‘n swart plastieksak vol ammunisie gevind is. Die polisie het op die ammunisie beslag gelê en die man in hegtenis geneem. Al drie verdagtes het vyfhonderd rand borgtog gekry en sal weer  op 25 Junie voor die hof verskyn, in afwagting van verdere ondersoek.

Did you find apk for android? You can find new Free Android Games and apps.

Reader's opinions

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *



Current track

Title

Artist

Background