Drie mans vas vir dwelmbesit
Written by RL Admin on May 21, 2018
Want create site? Find Free WordPress Themes and plugins.
Drie verdagtes is in Barberton in hegtenis geneem nadat die Witrivier honde-eenheid en Cross Border Integrity 51 kilogram herione in hulle besit gevind het. Volgens ‘n bron is inligting opgevolg waarna drie voertuie vanaf Malalane na Barberton gevolg en tot stilstand gebring is op die R40 naby die Badplaas-afdraai. Die straatwaarde van die dwelms is glo ongeveer vyftig miljoen rand. Die dwelms word na bewering in Afghanistan vervaardig en verpak, waarna dit per boot na Mosambiek vervoer word. Dit word dan glo na Gauteng versprei.
Did you find apk for android? You can find new Free Android Games and apps.