Written by on June 11, 2018

Want create site? Find Free WordPress Themes and plugins.

Vir die eerste keer ooit sal daar ‘n nasionale perdekompetisie in die Laeveld gehou word. Pondarosa Ranch net buite Nelspruit is dié voorreg gegun om die 2018 Eventing National Team Championship aan te bied. Dit word met die ponie- en junior individuele kampioenskappe gekombineer. Die skou sal ruiters so ver as Swaziland en die Wes-Kaap na die Laeveld bring. Dit sluit in Vicky Scott wat vir die volgende Wêreld-kampioenskap in Europa gekwalifiseer het.

Hierdie driekamp vir perde toets die vaardighede van elke perd-en-ruiter kombinasie tydens drie verskillende fases; dresseer, skouspring en in die veld oor natuurlike hindernisse.

Die skou sal vanaf 22 tot 25 Junie by Pondarosa Ranch op die Hermansburgpad gehou word. Laevelders word uitgenooi om ‘n piekniekmandjie te pak, en te gaan kyk hoe word die hindernisse aangedurf. Daar sal selfs ‘n Laeveld Vlooimark wees. Vir meer besonderhede kontak Fiona by 083-284-3744.

Did you find apk for android? You can find new Free Android Games and apps.

Reader's opinions

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *



Continue reading

Current track

Title

Artist

Background
× How can I help you?