Aanval op Hazyview-paartjie

Written by on April 9, 2018

Want create site? Find Free WordPress Themes and plugins.

Twee verdagtes is Saterdagnag in hegtenis geneem in verband met die aanval op Hazyview-inwoners, Pieter en Tessa Els. Die Els-paartjie is die vorige aand op hulle kleinhoewe naby die dorp oorval en aangerand. Ses verdagtes het met die slagoffers se Toyota-bakkie, sowel as al hulle elektroniese goedere, gevlug. In ‘n samewerkingspoging tussen plaaslike misdaadbevegters, is inligting opgevolg wat tot die inhegtenisname van die twee verdagtes gelei het. Die gesteelde voertuig is in Bosbokrand teruggevind, en die meerderheid van die gesteelde goedere was by een van die verdagtes. Daar word verwag dat daar binnekort verdere arrestasies gemaak sal word.

Did you find apk for android? You can find new Free Android Games and apps.

Reader's opinions

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *



Current track

Title

Artist

Background
× How can I help you?