100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

covid-19

Page: 13

Luister meer op jou radio.

Luister meer op jou radio.

Luister meer op jou radio.

Luister meer op jou radio.

Luister meer op jou radio.

Sigarette is nie ‘n noodsaaklikheid nie, en mag daarom vir die duur van die tydperk van inperking nie verkoop word nie. Polisieminister genl. Bheki Cele het Vrydag duidelikheid hieroor gegee. Hy het ook vermeld dat heelwat mense al in hegtenis geneem is weens die oortreding van die inperkingsregulasies. Van die arrestasies was 752 in Mpumalanga. […]

Die departement van samewerkende regering het Donderdag veranderinge aangekondig, wat sekere individue toelaat om tussen provinsies, metropole en distrikte te reis om begrafnisse by te woon. Volgens dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, moet individue wat wil reis ‘n permit bekom. Slegs die oorledene se man of vrou, lewensmaat, kinders en […]

TRAC het streng maatreëls ingestel by hul tolhekke om padgebruikers en werknemers te beskerm. Kommunikasiebestuurder Solange Soares sê dat alle Suid-Afrikaners deur die 21-dag inperking geraak word. As ‘n essensiële diens is alle personeel by tolplazas op die N4 in higiëne en Covid-19-protokol opgelei. Slegs kernpersoneel werk en net die e-Tag-hek en een ander baan […]

Mbombela se gemeenskap staan saam om te help om na die dorp se haweloses om te sien. Volgens past. TJ Maré van die Mpumalanga Leadership Foundation wat Nelspruit Gemeenskapsforum bestuur, voorsien hulle daagliks drie maaltye aan tussen 87 en 100 mense. “Dit is ‘n harde tyd, maar die gemeenskap help baie,” sê hy. “Ons weet […]

Mbombela-stad se berugte dwelmhandelaars is duidelik afwesig van die sakekern se strate sedert die grendeltydperk verlede week afgekondig is. Marina Erasmus van Sanca Laeveld sê die tydperk van inperking het duidelik ‘n positiewe kant betreffende dwelms op straat. “Dit is nie (nou) so maklik beskikbaar nie.” Sy voer aan dat die gewone mark in Andersen- […]


×