100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Familielede mag reis vir begrafnisse

Written by on April 4, 2020

Die departement van samewerkende regering het Donderdag veranderinge aangekondig, wat sekere individue toelaat om tussen provinsies, metropole en distrikte te reis om begrafnisse by te woon.
Volgens dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, moet individue wat wil reis ‘n permit bekom.
Slegs die oorledene se man of vrou, lewensmaat, kinders en skoonkinders, ouers, broers en susters en grootouers mag ‘n begrafnis bywoon, asook mense baie na aan die oorledene.
Nie meer as 50 mense mag ‘n begrafnis bywoon nie.
‘n Landdros of polisiebevelvoerder mag die permitte uitreik. Hulle moet van ‘n doodsertifikaat, of gesertifiseerde kopie daarvan, voorsien word.
Permithouers mag ook in hotelle of gastehuise tuisgaan.
Fikile Mbalula, minister van vervoer, het vroeër die week ook regulasies vir openbare vervoer aangepas.
Mini- en midibusse mag vir die duur van die grendeltydperk ‘n maksimum van 70% van hul gelisensieërde passasierskapasiteit vervoer as mense nie maskers dra nie.
Hulle mag wel 100% van hul kapasiteit vervoer mits al die passasiers chirurgiese maskers of N95-gesigsmaskers dra.


×