100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Malelane SUPERSPAR skenk bederfbare produkte

Written by on April 10, 2020

Malelane SUPERSPAR het hierdie week nagenoeg R110 000 se produkte, wat andersins weggegooi sou moes word, aan behoeftiges in die gemeenskap geskenk.
Die winkel is Dinsdag vir 14 dae gesluit, nadat twee werknemers positief getoets het vir Covid-19.
Eienaar, Lex Hollmann, het bevestig die bederfbare produkte so ver as Marloth Park versprei is. Hy het genoem dat hulle nog nooit so ‘n reaksie gekry het na so ‘n donasie, dit wys hoe groot die behoefte in die gemeenskap is.”
Hy het bygevoeg dat hulle nie kennis dra van enigiemand anders, buiten die twee werknemers, wat by die Spar met die koronavirus aangesteek het nie.


×