100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Waterlekke ken geen inperking nie

Written by on April 7, 2020

Suid-Afrika is net so oor die halfpadmerk van die 21-dag tydperk van inperking.
Inwoners van Mbombela word egter nie gereelde waterlekke gespaar nie. Dit neem gewoonlik ‘n hele paar uur om reg te maak.
Waterverskaffer Silulumanzi werk egter volstoom om aan enige lekkasies of gebarste pype aandag te gee.
Woordvoerder, Richmond Jele, sê hulle beskerm ook hul werkers. “Ons laai hulle by die huis op en af sodat hulle nie openbare vervoer hoef te gebruik nie.”

Alle werknemers is ook met beskermende kleredrag toegerus asook saniteerders wat gereeld hervul word.
Jele verduidelik dat die dorp se topografie dit kwesbaar maak vir waterlekke weens die druk in die pype.
Sou jy ‘n waterlek of gebarste pyp oplet, skakel Silulumanzi dadelik by 086-174-5858.
Die nommer word 24 uur beman, ook oor naweke en tydens vakansiedae.


×