100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Pasop vir die rondloperleeu of leeus

Written by on April 7, 2020

Dit wil al hoe meer lyk asof die gerugte oor ʼn rondloperleeu in die omgewing van Malelane veel meer as net gerugte is. Netwerk 24 het oor die naweek berig dat petroljoggies by Obaro in Malelane heel moontlik ʼn leeu gesien het wat na hulle gekyk het vanuit die donkerte. Gerrie Gamacho, roofdierkenner van die Mpumalanga Toerisme en Parke-agentskap het ondersoek gaan instel en ʼn spoor gekry wat moontlik die van ʼn jong leeu kan wees.

Op Maandagaand 6 April het Gamacho ʼn oproep gekry van iemand wat bevestig het dat hy sonder twyfel ʼn leeu gesien het, het hy telefonies aan Radio Laeveld bevestig. “Hierdie persoon het baie seker van sy saak geklink. Die honde het ook woes geblaf in daardie omgewing. Dit is sowat vier, vyf kilometer buite Malelane in ʼn westelike rigting naby die Opdraende pad. Die leeu of leeus is waarskynlik jong mannetjies wat uit die trop geskop is. Hulle beweeg snags rond en is in die suikerrietgebied.

Mense moet baie versigtig wees aangesien enigeen wat in die nag rondloop maklik prooi sal word,” het Gamacho gewaarsku. Hy het ook gesê dat leeus moontlik kan uitbreek omdat die dorpe aan die suidekant van die Krugerpark nou baie stil is. Mel Preddy, voorsitter van die gemeenskapspolisiëringforum van Malelane het op Facebook gewaarsku dat baie mense in Malelane die leeus baie naby kon hoor brul. Veel nader as vanuit die Krugerpark.

Hy het enigeen wat die leeu of leeus gewaar gevra om onmiddellik die ligging op Google Maps te bepaal en dan die naaste polisiekantoor te skakel. “Die area waarin die leeu beweeg is heel moontlik tussen Magnesite en Malelane, tussen die Krokodilrivier en die N4. Plaasdiere kan moontlike prooi wees aangesien daar nie iets anders is om te vang nie. Dit is ʼn groot roofdier en werklik ʼn gevaar vir mense,” het Preddy op Facebook geskryf. Skakel Malelane Gemeenskapspolisiëringforum met enige nuus oor die rondloperleeu. 0827776076.

 

In die Nuus:

Rondloper leeu in Malelane omgewing oplaasnag vermoedelik op N4 gewaar

‘n Jong rondloper leeumannetjie is vermoedelik uit ‘n trop geskop en is na bewering laasnag op die N4 gewaar. Alhoewel daar nog geen fotografiese bewys van die leeu is nie is daar wel voetspore opgemerk en het verskeie mense al aangemeld dat hulle ‘n leeu of selfs leeus hoor brul het in die nag. Gerrie Gamacho, roofdierkenner van die Mpumalanga Toerisme en Parke-agentskap het gesê die area waarin die leeu  moontlik beweeg is tussen Magnesite en Malelane, tussen die Krokodilrivier en die N4.

Hy het enigeen wat die leeu of leeus gewaar gevra om onmiddellik die ligging op Google Maps te bepaal en dan die naaste polisiekantoor te skakel. “


×