100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Wat om te doen indien jy geïnfekteer word met die koronavirus

Written by on April 7, 2020

Die volgende simptome kan aandui dat iemand die koronavirus onder lede het:
1. Krapperige, seer keel;
2. Droë keel;
3. Droë hoes;
4. Hoë koors;
5. Asemnood of probleme met asemhaling.
Nie almal wat die virus onder lede het hoef gehospitaliseer te word nie. Indien jou koors hoër as 39° C is of indien jy besonder moeilik asemhaal en jou liggaam glad nie reageer op medikasie nie, moet jy egter hulp gaan soek.
Jy gaan die volgende items nodig kry:
• Sneesdoekies;
• Parasetamol,
• Hoesmedisyne wat die mukus verdun – heuning en suurlemoensap is ʼn goeie alternatief
• ʼn Bevogtiger wat snags die kamer waarin jy slaap kan bevogtig.
• Asmalyers behoort ’n asmapompie byderhand te hê. Maak seker jy het ʼn ekstra een in voorraad.


Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare siektes het waardevolle raad oor wat jy moet doen indien jy positief vir COVID-19 toets.
Indien moontlik, berei ekstra kos voor vir wanneer jy dit sal nodig kry. Vries hoendersop wat altyd goed werk saam met griep.
Drink soveel as moontlik vloeistof. Water verkieslik.

Indien jou koors hoër as 38° C styg, gebruik eerder parasetamol as ibuprofeen.
Rus soveel as moontlik. Indien jy die virus onder lede het mag jy in elk geval glad nie jou huis verlaat nie. Selfs wanneer jy begin beter voel kan jy nog vir 14 dae lank mense aansteek. Vermy ouer mense en mense wat risikogevalle is weens ʼn mediese toestand.
Dra handskoene en ʼn masker om te voorkom dat jy ander in die huishouding infekteer.
Bly alleen in jou kamer. Vra die ander lede van die familie of iemand wat na jou omsien om jou kos voor die deur te laat.

Steriliseer jou lakens en klere gereeld deur dit in warm water te was. Maak jou badkamer skoon met die nodige ontsmettingsmiddels.
Belangrik: Indien jou simptome erger word, skakel jou dokter onmiddellik. Indien jy enige van die volggende simptome ervaar moet jy onmiddellik mediese hulp kry:
• Ernstige asemnood;
• Borspyne;
• ʼn Drukking op jou bors wat nie wil weggaan nie;
• Indien jy bloed hoes;
• Indien jy deurmekaar voel,
• Nie kan wakker bly nie.

Indien jy enige van hierdie waarskuwingstekens toon en hulp moet kry, moet iemand in jou huishouding die naaste hospitaal skakel en in kennis stel dat jy koronavirus onder lede het en dat jy op pad is. Moenie met openbare vervoer na die hospitaal ry nie. Skakel eerder die nooddienste om ʼn ambulans uit te stuur. Dra ʼn gesigmasker wanneer jy op pad is om mediese hulp te kry.
Besoek https://www.nicd.ac.za/ Skakel hulle inligtingslyn: 0800 029 999


×