100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Die silwer randjie van inperking

Written by on April 2, 2020

Mbombela-stad se berugte dwelmhandelaars is duidelik afwesig van die sakekern se strate sedert die grendeltydperk verlede week afgekondig is.
Marina Erasmus van Sanca Laeveld sê die tydperk van inperking het duidelik ‘n positiewe kant betreffende dwelms op straat.
“Dit is nie (nou) so maklik beskikbaar nie.”
Sy voer aan dat die gewone mark in Andersen- en Bellstraat, waar veral armer mense gewoonlik hul dwelms koop, baie af is – al sedert ‘n paar dae voor die inperking.
“Dit gaan net jou ryker mense wees wat binne hulle eie plek is wat kan bel en die handelaar kom dit moontlik by die huis aflewer.”
Buiten hulp verleen aan Nelspruit Gemeenskapsforum waar baie haweloses gehuisves word, het Sanca nie ‘n groot opbloei in die vraag na hul dienste ervaar die afgelope week nie, aldus Erasmus.


×