100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Polisie klaar verwarring oor regulasies op

Written by on April 4, 2020

Sigarette is nie ‘n noodsaaklikheid nie, en mag daarom vir die duur van die tydperk van inperking nie verkoop word nie.
Polisieminister genl. Bheki Cele het Vrydag duidelikheid hieroor gegee.
Hy het ook vermeld dat heelwat mense al in hegtenis geneem is weens die oortreding van die inperkingsregulasies.
Van die arrestasies was 752 in Mpumalanga. Dit is die minste van al nege provinsies.
Nasionaal was die totaal 17 209 teen 31 Maart.
Die meeste mense, 4 769, is in die Wes-Kaap aangekeer, gevolg deur 3 098 in die Vrystaat.
Dit was veral weens oortredings verwant aan vervoer en alkohol.
“Ons wil mense regtig nie arresteer nie, maar eerder die verspreiding van die virus beperk,” het die minister gesê.
Meer as 24 000 lede van die polisie, weermag, metropolisie en ander wetstoepassers is landwyd ontplooi.


×