100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Siftingstoetse vir Covid-19 in Mpumalanga geloods.

Written by on April 9, 2020

Premier Refilwe Mtshweni-Tsipane het Woensdag amptelik die provinsie se siftingstoetse vir Covid-19 geloods.

Sy het die veldtog in samewerking met die provinsiale departement van gesondheid in die JS Moroka-munisipaliteit afgeskop. Die LUR vir gesondheid, Sasekani Manzini, het ook die nasionale gesondheidslaboratoriumdienste bekendgestel. Daar is ook saniteerders, seep en kospakkies uitgedeel. Mtshweni-Tsipane is van huis tot huis deur Collen Sedibe, die leier van die EFF in Mpumalanga, vergesel.

Woordvoerder, Sibongile Mkani-Mpolweni, kon egter nie bevestig hoeveel siftingstoetse gedoen gaan word nie aangesien die toetse nog nie ontvang is nie.  Teen Woensdagaand het die provinsie reeds 21 gevalle van die virus bevestig.

 

 Foto Verskaf: Premier Refilwe Mtshweni-Tsipane saam met Collen Sedibe.

 

 


×