100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Malalane SUPERSPAR oop ondanks fopnuus

Written by on April 6, 2020

‘n Brief van die Mpumalanga Departement van Gesondheid doen wyd die ronde op sosiale media.
Dit blyk te kenne te gee dat die departement voorstel dat Malalane SUPERSPAR tydelik sy deure sluit, nadat twee werknemers positief vir Covid-19 getoets het.
Eienaar, Lex Hollmann, sê hy het die brief via sosiale media ontvang.
Hy voeg by dat hulle SPAR-groep se protokol volg om hul werknemers en klante te beskerm.
Die mense wat in nabye kontak was met die pasiënte, sowel as mense wat met daardie mense in kontak was, is reeds nagespeur en in self-isolasie.
Hollmann sê hulle maak ook daagliks die winkel deeglik skoon.

Kyk hier meer:


×